![]() Ewe beleefd het ek haar gewaarsku dat ek haar sou arresteer omdat sy op ʼn onwettig plek stilgehou het. Ons het ons weg gevind tussen die omstanders deur na waar sy in haar motor gesit het en ek het myself aan haar voorgestel. ʼn Skare mense het rondom haar vergader en my hart het gebokspring terwyl ek Bez se aandag daarop gevestig het dat die blondine ene Annelien Kriel was en dat sy op daardie tydstip Mej. Terwyl ons daar gestaan het, het ek ʼn pragtige blondine opgemerk wat met ʼnĭatsun 120Y op ʼn ongemagtigde stilhouplek geparkeer gestaan het. Hy moes die praatwerk doen want ek kon nie Engels praat nie. Bez het die aankomende voertuie gestop en ʼn geleentheid na Kemptonpark gevra. Ek en Bez het toe in die pad, wat voor die binnelandse vertreksaal verby gegaan het, gaan staan. Ons het, tot ons ontsteltenis, ontdek dat daar nie meer ʼn trein daai tyd van die aand op Isando stasie stop nie en dat ons die trein op Kemptonpark stasie, wat ʼn kilometer of twee van die lughawe was, moes haal. Om ongeveer elf uur dieselfde aand, nadat ons ʼn rukkie saam De Jager gekuier het, het ons besluit om na Esselenpark terug te keer. Ons het met die trein vanaf Kaalfontein stasie na Isando stasie naby die lughawe gereis. Een Sondagaand besluit ek en Bez dat ons sersant Herman de Jager, ʼn oud Suidwester wat op Jan Smuts lughawe gestasioneer was, wou gaan besoek. Met reistyd ingesluit, was ons ongeveer twee maande van die huis af weg. Terwyl ek op Otjiwarongo en Hannes Bezuidenhout op Outjo gestasioneer was, moes ons ʼn gevorderde kursus by Esselenpark deurloop om as plofstofdeskundiges opgelei te word. Vir my was hy egter 'n "idol" gewees, ek sou my lewe vir hom gee, maar ook anders om! Dankie vir alles, Jackie, my "Brah", respek en saluut! Almal het nie van Jackie gehou nie, vir verskeie redes, maar almal het hom respekteer. Ek het ook die offisier in Afrikaans vertel waarnatoe hy’ kon vlieg! Ons het altesaam agt koppe oor drie dae geskiet daar. Daardie dag het ‘n ops-offisier my ruitverwysing bevraagteken, toe ek vra vir die Alou gunships om vir ons lugsteun te kom vlieg. Ook aan die kontakte wat ons ver Suid van Ruacana gehad het, in die pannetjiesveld net bokant Etosha Wildtuin. Ek dink vinnig aan ons ambush / kontak naby die Miershoop weermagbasis. Dit was later ‘n tipe van uitdaging gewees om die “onmoontlike” moontlik te maak. Ons het terre uitgehaal op plekke waar ander gedink het nie terre kon wees nie, en veral Typhoon het ons paaie baie gekruis. Dit het bygedra tot ongekende suksesse wat ek as "nuwe" spanleier kon behaal. Van inligting insamel, 'n bronnestelsel opbou, beriggewers hanteer, ens, ens. ![]() Voordele was dat ek van hom kon leer wat niemand anders mens kon leer nie. Vir een of ander rede het ons dadelik "gekliek" en hy het my so half onder sy vlerk ingeneem. Jackie was my mentor toe ek by Koevoet aanland. Dis nie enige ou wat die Namacunde Fapla / Swapo basis in die nag te voet met mortiere aanval nie! Ook nie enige ou wat met 'n Isuzu sagtedop bakkie die landmyn-pad tussen Oshakati en Omungwelume ry nie! Of 'n groep van 30+ Swapos met die selfde Isuzu in die nag aanvat nie! Vreesloos! Hehe ja, en ekke moes al hierdie toertjies saam met hom deurmaak. Daardie storie is ook iewers in die foto se sagte lyne versteek.! Polisieman in die oorlog.? REGTIG.?ĭie woorde vrees, bang, ophou, opgee, genoeg, later en 'n klomp ander het nie in Jackie se gedagtegang bestaan nie. Sy persoonlike Security Aide vanaf SWA magte se kant nadat ek hom jare lank beveg het! Sy kookster op sy plaas vandag is die eggenote van my SWAPOL Veiligheidstak gevegspan 21 Uniform se nommer 2 Casspir drywer! En ons het straks sy (Sam) lewe gered een dag op sy verkiesingsroete voor onafhanklikheid. Sam Nujoma onthou vandag nog vir my as "Kollie" van Ruacana. 'n foto sê alles! Maar wat jy nie daarop in my oë sien nie, is ook hartseer. Die ruk in die dubbel LMG se handgrepe gevoel het in die hitte van 'n kontak - net om daarna vir die swart seksiemakkers te sê as die kontak suksesvol was : "Kalunga onéne. Stukkende lyke gaan optel as 'n PB bakkie 'n landmyn afgetrap het. Geen haat en verwyt oor wat ek daarbo moes doen nie! Vir tien en 'n half jaar ononderbroke.! Landmyne getrap en kontakte afgedwing. Toe ons gereeld kontakte met die Polisie gevegspan afgedwing het suid én noord van die jati - én dit oorleef het! Toe ek en Swaer Bertie Steyn en ons nommer een seksie met 'n Puma uitgevlieg is berge toe met die 1 April inval, om 'n verlore Koevoet makker te gaan opspoor, én hom gekry het.? Kyk na die foto.
0 Comments
Leave a Reply. |
Details
AuthorWrite something about yourself. No need to be fancy, just an overview. ArchivesCategories |